Plesion

Rata Ride for a Child Monster Uitdaging/Challenge

26 Nov - 1 Des '25

MUNGA 2025 – JOU REIS, JOU VERHAAL

Enkele sekondes voor die skoot geklap het vir die einde van die Munga 2025, het Sylvia du Raan met haar bergfiets oor die eindstreep by die Doolhof-wynlandgoed in Wellington gery. Twintig treë voor die einde is sy …

Lees meer… 

Wouter van Wyk

Dr Wouter van Wyk is ‘n predikant in sinodale diens van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, en was lid van die span wat ten bate van Rata Maatskaplike Dienste aan die Munga 2025 deelgeneem het.

1145 km getrap

3 dae 20 ure en 53 minute 

𝗧𝗛𝗘 𝗠𝗨𝗡𝗚𝗔 𝗧𝗥𝗔𝗖𝗞𝗜𝗡𝗚 𝗣𝗔𝗚𝗘 𝗜𝗦 𝗢𝗙𝗙𝗜𝗖𝗜𝗔𝗟𝗟𝗬 𝗟𝗜𝗩𝗘

The wait is over, the dots are ready, and the Karoo is calling. The official Munga tracking page is now open, proudly brought to you by Trackleaders and Mobii Elite.

From Wednesday, 26 November at 12pm sharp, 167 solo riders and 47 team riders take on one of the toughest journeys on earth. Their story is written on the road, but now you can follow every kilometre of their adventure in real time.

𝗙𝗼𝗹𝗹𝗼𝘄 𝗬𝗼𝘂𝗿 𝗙𝗮𝘃𝗼𝘂𝗿𝗶𝘁𝗲 𝗥𝗶𝗱𝗲𝗿
Track and time your favourite rider, watch their progress unfold, and witness the grit, the triumphs, and the moments that make The Munga legendary. This is their journey, their story perhaps, but now you can follow that journey with them.

𝗧𝗿𝗮𝗰𝗸𝗶𝗻𝗴 𝗟𝗶𝗻𝗸:
https://themunga.com/munga-mtb-2025-tracking/

𝗥𝗶𝗱𝗲𝗿 𝗡𝗮𝗺𝗲 𝗟𝗶𝘀𝘁:
https://themunga.com/the-munga-2025-riders/

The race begins Wednesday at 12pm. Do not miss a moment. Follow our socials, share your thoughts, and be part of the experience as it unfolds across the Karoo.

#TheMunga #Munga2025 #FollowTheDots #UltraEndurance #Trackleaders #MobiiElite #RaceAcrossTheKaroo

Take advantage of the tax benefit and get an 18A receipt for your donation.
Rata Social Services has been approved in terms of section 18A(1)(a) of the Income Tax Act.

EFT Banking Details 
Rata Social Services NPC
Absa cheque account no:  0206 00209
Branch code:  632005
Reference:  RataMunga25 + Name

Please email proof of payment to fin@rata.org.za

Die Rata Ride for a Child-span durf binnekort twee monsters aan – die Munga-ultramaraton vir bergfietsryers (1 100 km tussen Bloemfontein en Welllington in 5 dae, deur die moordende Karoo) én die monsteromstandighede (verwaarlosing, mishandeling, molestering) waarin so baie van ons kinders vasgevang is. Sien jy kans om die Munga te ry en duisende kinders se veiligheid te help verseker? Of sien jy kans om die span en Rata te help om dit namens jou te doen? Om die monster van Rata se tekort aan inkomste te tem, wil die span R1 000 000 insamel – 1 000 individue of instansies wat elk R1 000 skenk.

Ride for a Child was launched in August 2023, a fundraising project for Rata Social Services.  All funds raised through this initiative is dedicated towards all child protection services. 

We would like to express our sincerest thanks and gratitude for all of those persons and individuals who have donated towards this project and cause! Every contribution is making a difference in a child in need’s life.

Be One of the million! Do your part now 

Alphonso Theron

082 394 6331

Wouter van Wyk – Rata Ride for a Child Équipe-lid

Ongelukkig is daar kinders wat nie in ’n liefdevolle ouerhuis grootword nie.  Daar is kinders wat vasgevang word in konflik tussen hulle ouers, of in konflik tussen een ouer en ‘n stiefouer.  Daar is kinders wie se ouers hulle glad nie versorg nie, en duisende kinders wat in ouerlose huise grootword.  Daar is baie kinders wat net nie genoeg kos kry nie, wat fisies seergemaak of geestelik afgebreek word.  Daar is kinders wat slagoffers word van drank- en dwelmmisbruik, en kinders wat fisies misbruik word.

Rata is Tswana vir liefhê.  Rata Maatskaplike Dienste is ’n organisasie wat vir sulke kinders intree.  Rata se professionele maatskaplike werkers gaan besoek hierdie kinders, stel verslae op en gryp met die hulp van die howe in om sulke kinders te beveilig.  Rata vind pleegouers en veilige huise vir sulke kwesbare k

Lees meer

Martin Meyer – Rata Ride for a Child Équipe-lid

Ek neem hierdie jaar aan die Munga Équipe (span) deel.  My motivering daarvoor is dat ek altyd bewus was van die Munga en nogal baie avontuurlustig gedink het dit sal lekker wees om op een of ander stadium daaraan deel te neem.  Ek het nog nooit gedink dat ek dit regtig sal deurvoer nie.  Toe dit hierdie jaar oor my pad kom was dit vir my nogal ‘n groot uitdaging gewees en daarom is ek baie opgewonde om daaraan deel te neem.  Aan die ander kant is ek ook maar baie vreesbevange. 

Ek dink die groot rede waaraan ek aan die Munga wil deelneem is dat, as ek op ‘n beskeie manier kan regkry dat ons fondse kan insamel vir Rata en Ride for a Child dan sal dit vir my wonderlik wees.  Ek dink die werksaamhede wat ingesit word om kinders te help wat in baie moeilike omstandighede is, kan wonderlik wees en as ek deur middel van deelname aan die Munga kan voorsien om daardie fondse in te samel, is dit baie positief.  Die Munga is ‘n wedren wat op ‘n mens se siel… Lees meer

Schalk Zastron – Rata Ride for a Child Équipe-lid

My naam is Schalk Zastron.  Ek is ‘n predikant van die Hervormde Kerk en ek ry vir Rata se Munga Équipe (span) hierdie jaar.  Ons doel is om juis fondse in te samel vir hierdie maatskaplike werkers in die besondere werk waarmee hulle besig is, om te help befonds, om te help ondersteun en uiteindelik om self bewus te raak van wat die uitdagings is, die moeilikhede waardeur baie van ons kinders moet beweeg.  Soos wat ons met hierdie Munga, vir die eerste keer, alleen gaan ry, baie ver gaan ry in verskriklike hitte gaan moet vasbyt en op ons eie insigte en geloofsvertroue moet staatmaak, so is dit ook vir baie van ons kinders, wat op hul eie moet worstel en werk en swoeg om deur hierdie wêreld se omstandighede te kom.  Met slegs hul eie insigte en hulle geloofsvertroue om hulle deur te trek.  Ons hoop en glo dat hierdie ‘n besondere ervaring sal wees en dat daar pragtige en goeie vrugte uit hierdie inisiatief sal groei.

Chris Reyneke – Rata Ride for a Child Équipe-lid

In die begin van die jaar het my vriend en spanbestuurder my genader met die versoek om vir RATA aan die Munga Équipe wedren deel te neem. Ek het ingestem aangesien ek vir 44 jaar ’n sportman is wat hou van uitdagings en die Munga Équipe gaan beslis my grootste uitdaging tot op hede wees. Ek het nog nooit 251km in een skof gery nie. Dan is dit natuurlik ook ’n voorreg om vir Rata Ride for a Child te ry. Kinders is baie na aan my hart en veral mishandelde kinders. Ek vertrou dat my deelname sal help om die kinders se lewens te kan verbeter.

Alphonso Theron – Rata Ride for a Child Équipe-lid

I entered the Munga 2023 to fulfil a bucket list dream.  Riding for a purpose, I took hands with Rata, a registered welfare organization, taking care of abused and neglected children.  This is how the Rata Ride for a Child project came about.  The purpose of the project is to raise R1 000 000 by participating in ultra endurance cycling events like the Munga.  Therefore the challenge: come ride 1135km with the team or donate R1000 towards Rata.

After my disastrous Munga effort in 2023, when I had to withdraw due to a serious knee injury, I became the ambassador for the Ride for a Child project, with the aim to still raise R1 000 000 for Rata.

Read more

Riaan Loots – Munga soloryer

Dié jaar gaan my tweede Munga wees nadat ek in 2023 my eerste voltooi het.  Dit was regtig ‘n uitdaging, net soos dié een ook gaan wees.  Jou emosies ry wipplank van hoog na laag – die een oomblik is jy op moedverloor se vlakte en dan staan jy weer op Everest se pieke, later wil jy huil en dan weer jubel omdat jy geseën en bevoorreg is om die ren mee te maak.  In die verlede het ek verskeie kere per fiets vanaf Zambië na Malawi getoer.  Ons het arm gemeenskappe gesien en ontmoet, maar tog was hulle tevrede met dit wat hulle het, het hulle in vrede met mekaar geleef, mekaar ondersteun.  Weerlose en mishandelde kinders het nie dié ondersteuning nie.  Hulle is ook emosioneel, onseker, ervaar pyn en lyding, net soos ons op die Munga.  Rata wil die verskil wees, liefde gee, ’n gemeenskap wat omgee en stabiliteit verskaf.  Vir al dié redes ry ons die Munga solo en as span (équipe), vir Rata en die kinders.  Help ons om hulle te help

Annatjie van Wyk – Munga soloryer

Why the Munga?  And why am I doing it for Rata?

This year, I will again be riding the Munga MTB race for a reason that goes beyond the thrill of the ride.

This grueling, single-stage mountain bike race spans approximately 1130 kilometers across the arid and relentless terrain of South Africa, from the heart of Bloemfontein to the finish line in Wellington, Western Cape.

Riders have just five days to complete the course, pushing their physical and mental limits by cycling through day and night, managing minimal sleep, and enduring the extreme heat and brutal winds of the 

Read more 

Thanks to our sponsors and donors who make this event possible

Thanks to the DPS Foster homes for the kombi we can use for our transport to Wellington and back

Rata – Ride for a Child – The Munga 2024

Jammer oor die lang post, “but bear with me”😄

Oor 4 weke staan ek weer in Bloemfontein, om deel te neem aan die Munga bergfiets wedren, my 3de (en hopelik laaste) poging. 1130km van grond paaie, dag en nag, deur van die mooiste dele van ons land, en ook die warmste!!

Die mense wat my werklik ken, weet hoe belangrik hierdie vir my is en wat dit vir my beteken. Dis meer as net 5 dae van fietsry, dis vir my ook ‘n emosionele reis. Dis hoekom ek, na elke onsuksesvolle jaar, teruggaan om weer te probeer. Soos iemand vir my gesê het, “Dit wys net jy gee nie op nie”.

Ek het ook besluit om hierdie jaar namens Rata te ry, ‘n organisasie wat mishandelde en verwaarloosde kinders bystaan. Ek het die geleentheid gehad om net ‘n baie klein deel te sien van die werk wat hul doen, en dit het my ongelooflik diep geraak. Gaan kliek gerus op die skakel, en lees bietjie meer oor hulle, en hul doelwit.

En as jy dit in jou hart vind, maak asb ‘n bydrae aan hulle. Elke R10 maak ‘n verskil, veral in die lewe van die kindertjies van RATA!

Indien jy my wil volg met die wedren, daar is ook ‘n link https://chat.whatsapp.com/FgmsRwY5jU29csffdBJX28 na ‘n WA groep waarop ek gaan probeer om almal op hoogte te hou van hoe dit gaan.

En hopelik, met die genade en krag van Bo, sal ek op 2 Desember in Wellington klaarmaak!☺☺

Groete Annatjie Van Wyk