ADV Rampfonds

* Voltooi jou eie ADV Rampfonds skenkings bedrag hiernaas en volg dan die Donate skakel
* Voltooi jou eie ADV Rampfonds skenkings bedrag hiernaas en volg dan die Donate skakel

Die Algemene Diakensvergadering was in die verlede, tydens verskeie rampe, betrokke by hulpverlening. Meeste van hierdie rampe was beperk tot ‘n bepaalde gebied. Die Platinum krisis, die brande by Knysna, die droogte in die Noord Kaap om ‘n paar te noem. Weens die beperking tot ‘n spesifieke gebied was hulp en bydraes van buite genoegsaam gewees om ‘n beduiedende verskil te maak.

Die huidige pandemie is wêreld wyd. Waar vra ons nou bydraes? Ons weet waar ons Hulp vandaan kom, daar bestaan geen twyfel dat ons hulp kom van God die Almagtige skepper van hemel en aarde.

Hoe sit ons hierdie God gegewe hulp om in dade. Jou bydra hier word daardie daad om die Goddelike hulp sigbaar te maak in ‘n onsekere wêreld.