Plesion

Lig vir ’n Kind

Soos wat Jesus sê dat hy die lewende water is en dat ons nie weer dors sal word wanneer ons daarvan drink nie. So ook met die Lig vir ’n Kind initiatief. Ons wil kinders help om die Lig van Jesus te laat skyn in hulle lewens.

U is reeds bewus van al die Lig vir ’n Kind initiatiewe nl:

  • Drive for a Child
  • Ride for a Child
  • Run for a Child
  • Swim for a Child
  • Walk for a Child

 

Hierdie is almal gefokus op verskillende sport items. Daar word passievol deel geneem en ondersteun deur predikante, lidmate en die publiek.

Wat vir ons belangrik is, is dat ons as gelowiges altyd in dankbaarheid sal erken dat ons vermoëns  God gegewe talente is.  Vir die rede is dit belangrik dat ons ook moet Bid vir ons Kinders, hulle leer bid en ook bid vir hulle wat ons kinders versorg.

Om te Bid vir ons kinders is vir ons die vertrekpunt van al ons initiatiewe.

 Bid vir ’n Kind

Die Sondag tussen  Hemelvaart en voor die uitstorting van die Heilige Gees staan bekend as Weeskindsondag. (17 Mei 2026) Na Jesus se hemelvaart het die dissipels en ander gelowiges God verlate, wees gevoel. Die uitstorting van die Heilige Gees het bevestig dat hulle nie alleen is nie.

In die daaglikse lewe is daar kinders wie se ouers hulle in die steek gelaat het. Verskeie organisasie soos Rata Maatskaplikedienste (Rata) en die Diakonale Pleegsorg Huise (DPS huise) help om hierdie kinders weer menswaardig te versorg.

Bid vir ’n Kind Sondag 17 Mei 2026 VAN WEESKIND TOT KINDWEES

Hierdie jaar wil ons alle gemeente nooi om op Sondag 17 Mei deel te neem aan die initiatief. Wat behels die initiatief.

Kategese klasse, families en ander spanne skryf die hele Bybel in eendag met die hand oor – nie rekenaars. Daar is ongeveer 31 201 verse in die Bybel. Ons het minimum 2000 mense nodig om elke 16 verse met die hand oor te skryf. Elke skrywer maak seker dat hy ‘n borg het. Dit moet op 17 Mei 2026 –  Sondag na Kerk –. Die skrywers moet hulle gedeeltes  binne 3 ure instuur. Ons laai dit op ons WhatsApp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VbCfGYG90x2oVvRSqk11

Kies die gedeelte wat julle wil skryf op meegaande indeling en laat weet diaken Andries Pretorius by andries@rentgau.co.za of whatsapp 0814668691 watter gedeelte.

Borge kan hulle donasies inbetaal by

Rekeningnaam: Plesion NPC

Bank: Nedbank

Rekeningnommer: 1127321897

Verwysing: Bid

Van weeskind tot kindwees is ‘n begrip wat elkeen van ons weer moet besef en oordra aan ons kinders.