[vc_row][vc_column][vc_video link=”https://www.youtube.com/watch?v=SnCL73dOcWE” align=”center”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]Broeders en Susters
Ds Willem Breytenbach skryf in die Spore van Hoop op Dinsdag 16 Junie 2020 soos volg:
Gaan lees weer die volle gedeelte op die Diakens Facebookblad
Hy skryf: ons het nou “simbolies” hande gevat. Hierdie simboliese Hande-Vat moet nou oorgaan in fisiese Hande-Vat
Met die erge koue en al die tentakels van die inperking van geen inkomste, werk verloor, besighede wat sluit op mikro en makro vlak, moet ons fisies meer hande vat. Dit gesê moet ons nie die afleiding maak dat daar nie hande gevat word nie. Baie word reeds hier rondom gedoen om mekaar se hande sterk te maak. Gemeentes en lidmate reik reeds bai uit na hulle medemens in nood.
Soos ons op ‘n unieke manier hande gevat het met papier poppies vra ons om weer op ‘n unieke manier hande uit te steek.
Met Serp, Sop & Siel vra ons julle om hande uit te steek en ons medemens in nood te help.
• Serp: is die uiterlike kleding van mense teen die koue.
• Sop: is die voeding van die liggaam
• Siel: is die versterking van die gees.
Kom ons maak dit prakties.
Voorsien aan ‘n behoeftige persoon (bejaarde, werklose, gestremde, vreemdeling):
• ‘n warm kledingstuk (Mussie, serp, baadjie, trui, kombers) – SERP
• n ete (warm sop in n houer, gekookte ete, ens) – SOP
• n Bybelvers op n kaartjie (Bybel van die Bybelgenootskap) – SIEL
Hierdie is ‘n “kennismakingspakkie” om die eerste kontak te maak. Tydens die geleentheid kan meer inligting verkry word. Die gedagte is dat na die aanvanklike kontak daar minstens weeklikse kontak sal wees met die persoon of gesin.
Die verkondiging van die genade van Jesus Christus is nie ‘n tref en trap geleentheid nie. Soos ons ‘n verhouding het met God, so moet ons ook ‘n verhouding bou met hierdie persone sodat hulle ook die vreugde van ‘n verhouding met God kan beleef.
Daar is 31102 verse in die Bybel. Ons doelwit is om teen 18 Julie, vir 31 102 persone ‘n “kennismakingspakkie” te gee, elkeen met sy eie unieke Bybelvers of Bybel. Met hierdie inisiatief ondersteun ons die Bybelgenootskap om hulle doelwit om twee miljoen Bybels te versprei, as deel van hulle twee honderdjarige bestaansvieringe, te breik.
Ons hoor graag van gemeentes:
a. Hoeveel “kennismakingspakkies” julle gaan uitdeel of deel reeds uit?
b. Watter gemeentes het hulp nodig met die projek?
c. Kan jou gemeente hulp verleen aan ‘n gemeente wat hulp benodig?
d. Wanneer beplan julle om dit te doen?
Groete
Andries Pretorius
ADV Kommissie[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]