Dinsdag 30 April –
Saterdag 4 Mei 2019

Die opgewondenheid  van so groot geleentheid bring ook ‘n mate van onsekerheid. Die simposium gedeelte is daar altyd die vraag of sal elke aanbieding aan die verwagting van die simposium ganger voldoen. Sal hulle nuwe inligting ontvang en ge-inspireër word om hulle Barmhartigheids opdrag met nuwe ywer te leef.

Die formele gedeelte, die amptelike vergadering, vanaf Vrydagoggend bring ook nuwe uitdagings. Die beskrywingspunte vanaf die 71ste AKV in 2016 is met deeglikheid beredeneer die afgelope drie jaar. Voorstelle ter wysiging van die Kerkorde moet bespreek word. Moet die diakens weer hulle weg vind na die Algemene Kerkvergadering en op watter wyse gaan die werk van die diakonaat in die toekoms uiting vind in die kerk.

Alles deel van Kerk van Christus wees…

Met hierdie e-pos vra ons elke lidmaat van die NHKA se voorbidding vir hierdie groot taak wat die week uitgevoer moet. Bid dat die Heilige Gees elkeen van die afgevaardigdes sal lei in hulle denke en besluite.

Groete in Christus

Mac van Zyl
Voorsitter : Algemene Diakensvergadering