[vc_row][vc_column][vc_column_text]

Woensdag 1 Mei 8:30-11:30

Armoede sessie

Registreer hier

VERSKILLENDE VORME VAN ARMOEDE:

Social scientists define global poverty in different ways and take into account the complexities and the issues of relativism described above. Relative poverty is a state of living where people can afford necessities but are unable to meet their society’s average standard of living. People often disparage “keeping up with the Joneses”—the idea that you must keep up with the neighbors’ standard of living to not feel deprived. But it is true that you might feel ”poor” if you are living without a car to drive to and from work, without any money for a safety net should a family member fall ill, and without any “extras” beyond just making ends meet. 

Contrary to relative poverty, people who live in absolute poverty lack even the basic necessities, which typically include adequate food, clean water, safe housing, and access to healthcare. According to the most recent estimates, in 2011, about 17 percent of people in the developing world lived at or below $1.25 a day, a decrease of 26 percent compared to ten years ago, and an overall decrease of 35 percent compared to twenty years ago. A shocking number of people––88 million––live in absolute poverty, and close to 3 billion people live on less than $2.50 a day (Shah 2011). If you were forced to live on $2.50 a day, how would you do it? What would you deem worthy of spending money on, and what could you do without? How would you manage the necessities—and how would you make up the gap between what you need to live and what you can afford?[/vc_column_text][vc_empty_space][vc_column_text]Relative poverty

is the condition in which people lack the minimum amount of income needed in order to maintain the average standard of living in the society in which they live. Relative poverty is considered the easiest way to measure the level of poverty in an individual country.

 

Extreme Poverty

“a condition characterized by severe deprivation of basic human needs, including food, safe drinking water, sanitation facilities, health, shelter, education and information. It depends not only on income but also on access to services.”[2] In 2018, extreme poverty widely refers to an income below the international poverty line of $1.90 per day (in 2011 prices, equivalent to $2.12 in 2018), set by the World Bank

Types of Poverty

There are six main types of poverty according to Eric Jensen’s study from Teaching with Poverty in Mind (2009). He lists these six types as situational, generational, absolute, relative, urban, and rural. Here’s a brief description of each type of poverty:

[/vc_column_text][vc_empty_space][vc_column_text]Nota no 1

Grondbeginsel no 1 – Menswaardigheid

Die dienswerkers moet altyd die nodige agting en respek betoon vir die menswaardigheid van die behoeftige. Dink terug aan die eerste module wat jy gedoen het waar daar so ‘n bietjie stilgestaan is by jou negatiewe prentjie van die behoeftige. Al is hierdie behoeftige vuil, verwaarloos met ‘n sterk reuk van drank, is hy nog steeds ‘n mens wat te alle tye menswaardig behandel moet word. ‘n Mens se menswaardigheid word nie bepaal deur jou omstandighede nie maar wel deur die manier waarop ander mense jou behandel.

Nota no 2

Grondbeginsel no 2 – Aanvaarding

Aanvaar die persoon net soos hy is. Moenie verwag dat alle mense soos jy sal optree en dink nie. Moet ook nie verwag dat hulle waardestelsel en joune 100% moet ooreenstem nie. Daar gaan baie dinge aan die behoeftige se menswees wees wat jou nie aanstaan nie. Tref onderskeid tussen die mens en die probleem. Armoede is nie ‘n aansteeklike siekte nie!

Nota no 3

Grondbeginsel no 3 – Nie-veroordelend

Dit is nie ons taak as dienswerkers om behoeftige mense tot verantwoording te roep oor hoekom hulle in die situasie is, waar hulle is nie. Ons moet waak teen die sindroom omdat-julle-te-sleg-is-om-te-werk-sit-julle-nou-in-die-situasie-waarin-julle-is. Daarom moet ons probeer om nie ons afkeure en beoordeling oor die armoedige as mens, die oorhand te laat kry nie.

Nota no 4

Grondbeginsel no 4 – Sien die behoeftige as ‘n unieke wese

Sien die persoon as ‘n unieke wese – daar is nie twee persone wat dieselfde is nie. Al is die persoon aangewese op materiële nood is sy omstandighede nie soos die persoon voor hom wat ook in nood is nie. Elke mens is spesiaal met omstandighede wat uniek is aan sy eie situasie. Behoeftige is nie almal voor die voet dieselfde nie. Elke behoeftige mens beleef sy of haar nood op ‘n manier wat uniek aan hom/haar as mens is. Daar bestaan nie iets soos ‘n resep wat slaafs nagevolg kan word in ons werk met die behoeftiges nie. ‘n Gesindheid van liefde en meelewing met ons naaste is in hierdie opsig van kardinale belang.

Nota no 5

Grondbeginsel no 5 – Selfbeskikking en Selfhelp

Elke mens het die reg en behoefte om self oor sy lewe te besluit. Hierdie reg bring ‘n persoon egter onder die verpligting om op ‘n verantwoordelike wyse aan hierdie regte uiting te gee. U kan oplossings aan die behoeftige persoon voortel maar dit bly nog steeds sy/haar wilsbesluit of hulle die voorstelle gaan aanvaar al dan nie. Die mens het ‘n inherente behoefte om homself te help en as hy dan hulp van ‘n ander mens of instansie moet vra, breek dit sy eie waarde af en kan dit aanleiding daartoe gee dat sy/haar vermoë om hulleself te help, ‘n ernstige knou kry. Ons mag onder geen omstandighede mense van hulle onafhanklikheid beroof nie – nie eers met die mooiste bedoelinge ter wêreld nie.

Nota no 6

Grondbeginsel no 6 – Bly glo in die moontlikhede van die mens

Ons moet altyd ons geloof in die mens se moontlikhede om te groei en te ontwikkel, bly behou. Ons moet aanvaar dat elke mens oor die potensiaal beskik om te kan verander, te ontwikkel en te groei. Ons moet deur ons optrede die persoon laat glo dat ons in hom en sy moontlikhede as mens glo. Deur ons geloof in hulle potensiaal moet ons hulle as’t ware in staat stel om self hulle eie potensiaal te ontwikkel.
Nota no 7

Grondbeginsel no 7 – Ontmoet die behoeftige mens op sy vlak

Dit is baie belangrik dat dienswerkers sal weet hulle gaan om ‘n ander mens in sy wêreld te ontmoet. Al is hierdie mens behoeftig moet ons altyd onthou ons is die besoekers in sy wêreld. Daarom is dit krities belangrik dat ons hierdie mens op sy eie vlak moet ontmoet. Ons moet uit ons eie verwysingsraamwerk tree en tot dié van die behoeftige mens toetree. Ons moet dieselfde taal praat as die behoeftige mens. Verhewe taalgebruik en ‘n houding van meerderwaardigheid gaan niks tot die oplossing van die probleem bydrae nie. Ons moet die tempo waarteen die behoeftige mens sy eie vermoëns kan mobiliseer probeer bepaal en daarvolgens optree. Ons mag dalk in staat wees om vinnige besluite op die ingewing van die oomblik te neem of dalk vinnig te snap wat die oplossing vir die probleem is maar dit beteken nie die behoeftige teen daardie selfde tempo kan beweeg nie.

Nota no 8

Grondbeginsel no 8 – Vennootskap

In hierdie geval beteken die begrip vennootskap daardie poging waar albei partye saamwerk om ‘n gestelde doel te bereik. Dit is belangrik om te onthou dat u nie alleen aan pogings moet werk om ‘n oplossing vir die probleem te kry terwyl die behoeftige die rol van ‘n toeskouer inneem nie. Ons kan nooit besluite namens ander mense neem nie maar altyd saam met hulle. Hulle weet presies wat hulle behoeftes is. Dienswerkers moet baie versigtig wees dat hulle nie dink hulle weet wat die behoeftige mense se nood en behoeftes is nie.

Nota no 9

Grondbeginsel no 9 – Beheersde emosionele betrokkenheid

Ons moet empatie (meelewing) met die mens in nood hê. Ons moet egter waak teen misplaaste simpatie. Dit gebeur wanneer ons hierdie behoeftiges so jammer kry dat ons op ‘n emosionele vlak by hulle betrokke raak Ons hoef nie vriende te word nie. Sodra ons emosioneel betrokke raak, verloor ons ons objektiwiteit.
Nota no 10

Grondbeginsel no 10 – Selfkennis

Die dienswerker wat hulp verleen moet ook weet waartoe hyself instaat is. Moenie ‘n taak aanpak waarvoor jy nie opgewasse voel nie. Almal het beperkinge. Wees altyd eerlik met jouself. Dit is baie nadelig vir die welwese van die behoeftige om ‘n pad met hulle te begin stap en dan op ‘n later stadium te onttrek omdat jy nie meer kans sien vir die emosionele eise wat die diens aan jou stel nie. Die behoeftige kan ook hierdie onttrekking van ‘n dienswerker beleef as ‘n vorm van verwerping.

[/vc_column_text][vc_empty_space][/vc_column][/vc_row]