[vc_row][vc_column][vc_column_text]Ons hier by NHK Drie Riviere Oos het met ‘n “Word Warm projek” begin so op ons eie maar sal ook graag inskakel met die projek.

Die hele gemeente het begin hekel en brei.

Ons het vir AMOT in Parys 20 kniekomberse, 20 serpe, 20 handskoene, 20 musse en 20 slaapsokkies afgelewer.

Vir ons plaaslike kinderhuis Trentico het ons 10 komberse, 10 handskoene, 10 serpe, 10 musse en 10 slaapsokkies afgelewer.

(Daar is net 10 kindertjies )

Vir ons plaaslike ouetehuis se versorgings afdeling het ons 20 pare Vroetelhandskoene vir die Alzheimer pasiente afgelewer.

Maar ons brei en hekel nogsteeds sterk…

Ons doel is om nog omtrent 108 kniekomberse te brei of hekel vir Miemie Fourie hof Ouetehuis hier in Vereeniging asook vir almal serpe, handskoene en slaapsokkies voor volgende winter.

Dit was hier by ons die inisiatief van die Super 60 dames.   Hulle het die gemeente se hulp gevra en daar was dadelik ‘n opgewonde gevoel in die gemeente.

Daar is baie dames wat nie kans sien om groot komberse te maak nie en toe het hulle gevra dat die dames blokkies van 15cm x 15cm te brei/hekel.

Dit het groot byval gevind en die Super 60 dames werk dan die blokkies aanmekaar.

Baie dankie vir alles wat julle doen.

Jolanda Stols

Sekretariele beampte

NHK DRIE RIVIERE OOS[/vc_column_text][vc_gallery interval=”3″ images=”15151,15152,15153,15154,15155″ img_size=”large”][/vc_column][/vc_row]