[vc_row][vc_column][mkd_button size=”” type=”” hover_type=”” target=”_self” icon_pack=”” font_weight=”” text=”Donasie vir Droogte hulp” link=”https://plesion.org.za/product/disaster-fund/” color=”#8224e3″][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][mkd_section_title title=”Williston se hoopstelers” title_color=”rgba(221,13,13,0.99)” title_text_transform=”” title_text_align=”center” margin_bottom=”” title_size=”” type_out=”no”][vc_column_text]Daar was al baie droogtes en daar sal weer droogtes kom. Elke droogte is anders. So is die droogte in die omgewing van Williston ook uniek.  Die uniekheid lê nie alleenlik in die afwesigheid van reën die afgelope 7 jaar nie, maar in die teenwoordigheid van “hoopstelers” Of daar iets is soos “hoopstelers” weet ek nie, maar op Williston is hulle wel.

Jy sien die “hoopstelers” wanneer jy deur die dorre vlakte van die Noordkaap ry.  Die “hoopstelers” is besig om die laaste bietjie hoop weg te steel. Soos diewe slaan hulle toe op die weerlose en die magtelose. Wanneer ‘n lammetjie gebore word is daar hoop en afwagting dat ‘n kudde dalk  weer opgebou kan word, maar dan is die “hoopstelers” daar. Ja, kraaie en jakkalse word kamerade en maak jag op weerlose lammetjies en steel die hoop op ‘n kudde. Kraaie en jakkalse is “hoopstelers” wat die effek van die droogte nog erger maak.

Die skuld by bank en die kooperasie is ‘n bewys van die verlede wat te duur geword het. Leë kerkbanke en stil strate in die dorp getuig van brandstof wat onbetaalbaar  is. Onbetaalde skoolfonds en voedingskemas by elke skool vertel die hartseer verhaal van ‘n gemeenskap wat veg teen verskeie “hoopstelers”.

Elke bakkie en vragmotor word met afwagting deur ‘n trop skape begroet, Dalk is daar voer op om die honger geblêr vir ‘n oomblik te stil. Dalk is daar voer op wat ons ‘n bietje nader kan bring aan die groot reën waarvoor daar gebid is. Die honger geblêr van vermaerde skape maak ‘n mens opnuut bewus van jou magteloosheid en die afwagting op die verhoor van gebede. En die “hoopstelers” ?

Die “hoopstelers” het nie die laaste sê nie. Williston se mense is vol hoop dat die uitkoms naby is want God bly getrou. Al is die kuddes baie kleiner en die skuld baie meer en al is die “hoopstelers” daar om lammetjies se kort lewentjies te beëindig,  is daar steeds hoop. Williston se mense se hoop kom nie op vragmotors nie. Nee, hulle hoop is in Christus se belofte dat Sy genade genoeg is.

En ons… ons moet gehoorsaam wees aan God se stem. Die “hoopstelers” het nie die laaste sê nie, Christus het.

Die ADV bedank almal wat ‘n bydrae gemaak om hoop te bring aan die mense en diere van Williston.

Dr. Martin van Rensburg

Predikant

Hervormde Kerk Delmas

Tel (013) 665 2439

Sel. 0836337335

mvr@nhk.co.za

[/vc_column_text][mkd_section_subtitle color=”#dd8b0f” text_align=”center” text=”Lees hieronder wat die Kinders skryf oor die droogte” width=””][vc_column_text]Kinder Droogte Verhale

Kinder Droogte Verhale 2

Kinder Droogte Verhale 3

Kinder Droogte Verhale 4

Kinder Droogte Verhale 5

Kinder Droogte Verhale 6

Kinder Droogte Verhale 7

Kinder Droogte Verhale 8

Kinder Droogte Verhale 9

Kinder Droogte Verhale 10[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_gallery interval=”3″ images=”14201,14200,14199,14198,14197,14196,14195,14194,14193,14192,14191,14190,14189,14180″ img_size=”large”][/vc_column][/vc_row]