DS  NAAS  LOMBARD – SUID OOS WITBANK

Om ’n lewe van iemand wat 60 jaar lank nog bitter min gedoen het, op te som in ’n paar kort paragrawe, is ’n maklike opdrag!  Om ’n lewe van ’n persoon op te som, wat hier en daar ’n paar dinge bereik en klompie goed gedoen het, is effens moeiliker!

Maar, om die lewe van Naas Lombaard – predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk op te som – is bykans onmoontlik!

Mens kan seker begin deur te sê:

Dankie, dames en here, dis die lewe van Naas Lombard!  Dankie, dat u na my geluister het.

Maar wag nou so ’n bietjie – daar is soveel meer wat ek van Ds Naas kan vertel.

Het u byvoorbeeld geweet dat Ds Naas:

Maklik het dit ook nie altyd gegaan nie. Vir bykans 4 jaar lank op Universiteit, werk hy ook naweke by die groothandelaars – Van Aswegens – asook by Woolworths waar hy van 4 uur tot 7:45 soggens, depot bestuurder is en waar hy verantwoordelik is vir die ontvangs en uitpak van alle vars voorrade!

Desember 1981 trou Ds Naas en Annette – ’n maatskaplike werker in die diens van die SAP.  Later sou sy die eerste vroue offisier in die Noord-Vrystaat word.  Ds Naas en Annette het 3 dogters, en 3 skoonseuns.  Ds Naas sê hy is baie lief vir sy skoonseuns – want hy is altyd bietjie benoud hulle bring vir hom die dogters terug!  Hy bely ook dat sy 2 kleinkinders sy hele lewe verander het!  Hy sê self hy kan nie altyd glo dat sy stout kinders sulke oulike kinders kan hê nie!

Ds Naas doen Diensplig by die Genieskool in Kroonstad. Hy ontvang die Pro-Patria medalje – die Hoof van die Leer se Getroue Diens Medalje en later ook die Medalje vir 10 jaar diens.

Maar dis nie eintlik hoekom ons hier is vandag nie.  Eintlik gaan dit oor Ds Naas se jare lange onbaatsugtige diens in die Kerk waarvoor hy vandag vereer word.

Ds Naas se betrokkenheid by die Diens van Barmhartigheid is legendaries.

 Ds Naas is nie altyd so seker hoekom hy predikant geword het nie. Hy wonder soms of ’n ander beroep nie dalk minder uitmergelend sou gewees het nie.  Ds Naas het grootgeword in ’n diepgelowige huis wat baie naby aan God en aan die kerk geleef het.  Ek haal sy eie woorde aan:

“My ouers het God gehad en het God vir my gegee. 

En die kerk is my Geestelike Moeder”

Dames en here – Die Jan Reinierz Toekenning word vandag aan Ds Naas oorhandig.  Nie vir alles wat hy op Universiteit bereik het nie, ook nie vanweë sy hope ander prestasies of sy mooi gesin nie.  Dit word vandag aan hom oorhandig uit dankbaarheid vir sy hele lewensfilosofie aangaande die Kerk en Barmhartigheid en om ’n wesenlike verskil in stukkende mense se lewens te maak.  Hy  kan nie – nie betrokke wees nie. Om mense te help definieer, is sy hele lewe en sy hele menswees.

Ek sluit af met Ds Naas se eie woorde:

“Ek kan nie anders as om verwonderd te wees oor die God wat in Liefde na ons toe gekom het nie.  Daardie verwondering dring my om die God wat ek leer ken het, op my gebroke menslike manier, aan ander te probeer gee. 

 As dit ’n roeping is, dan is ek seker geroep!”

 Die Jan Reynierz-Penning word vanaand aan ds. I.M. Lombard toegeken vir buitengewone barmhartigheidsdiens gelewer.

Die diep spore wat hy getrap het in die Hervormde Kerk, sy bevordering van die diens van barmhartigheid in geheel en sy nalatenskap ten opsigte van die beginsels van Christelike dienswerk het reeds en sal nog honderdvoudig vrug dra.

 

Diaken Wilna Gates