Plesion > Uncategorized  > MY KIND is deur ‘n bende VERKRAG!!!
a

MY KIND is deur ‘n bende VERKRAG!!!

MY KIND is deur ‘n bende VERKRAG!!! MY Blondie, MY kind, aan wie ek (bitter bitter baie moeilik) geboorte gegee het, MY oudste dogter, Christene.

Toe sy nog baie klein was, net ‘n paar weke oud, staan ek een dag en bid langs haar wit kot, en ek word ys yskoud. Want ek hoor hoe die Here vir my se: Iets verskrikliks gaan met hierdie kind gebeur, en dit gaan die wêreld verander. Ek skrik my mors-dood, en ek word ‘n oorbeskermde neurotiese paranoid ma. EK is die ma wat agter die skoolbus aan ry, vir jaaaaaaare lank, (want ek vermoed dat dit ‘n ernstige kar-ongeluk gaan wees, en ek bly bang). Die konstante vrees oorweldig my.

Christene is amper 5 jaar oud voor ek haar vir die EERSTE keer alleen saam haar pa op ‘n uitstappie laat gaan (na die Kroningspark plaas-terrein waar ‘n koei haar toe teen ‘n boom vasdruk en sy vol skrape by die huis aankom – maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag). En EK WEET, onteenseglik IETS GAAN GEBEUR. En EK probeer dit keer. Ten ALLE koste. En soos sy toe ouer raak kry sy meer vryheid, terwyl ek heeltyd met die vrees worstel.

In haar matriekjaar, tydens Oktober 2008 gaan sy op ‘n georganiseerde kamp na ‘n klein dorpie toe, by die see. Ek bid die hele tyd dat sy veilig moet wees, maar ek vertrou God ook vir Sy plan. Een middag op ‘n amper verlate strand, agter ‘n sand-duin, verander ons lewens, soos ons dit geken het, toe vir ALTYD. Jare se verskriklike intense ”worries”, angs die “happening” en jare later se uiteindelike aanvaarding baie baie jare later sou hierop volg.

Dit neem MY 7 jaar na die voorval voor ek daaroor kan praat sonder om my stem te verloor en te huil. Maar oor ons pyn en ons “healing” as ‘n gesin gesels ons op ‘n ander keer.

Ongeveer amper 8 jaar gelede hoor ek van ‘n nuwe skuiling vir hawelose / blootgestelde mans, by die ou NG Moeder-gemeente se kerk-gebou in Church straat in die Krugersdorp CBD, wat Gert Jonker van die BETHANY HUIS kinderhuis op die dorp, begin het. En ek WEET net dat EK by hierdie skuiling betrokke moet raak. Op daardie stadium het ons HOUSE OF RESTORATION vir vernielde en hawelose vrouens en hulle kinders reeds ontstaan, asook ons gemeenskaps-kleuterskool CRADLE – TJOKKERTJIES VIR JESUS, asook ‘n hele paar van ons ander projekte.

Ek het reeds my hande vol gehad, my kind het gesukkel – gewig opgetel, selfmoord oorweeg, betrokke geraak by iemand wat amper haar lewe verwoes het (sal daaroor uitbrei op ‘n ander keer), my ma was besig om dood te gaan (ek as enigste kind moes ALLES hanteer), die koerante en tyfskrifte het op my toegesak oor die unieke konsep van die HOUSE OF RESTORATION en Ek MOES cope!!! (Al was dit met hande-vol kalmeerpille en slaap-pille – NOG ‘n storie vir ‘n ander dag).

Vir jare lank verstaan mense nie my HART vir die TOWER OF LIFE mans-skuiling nie. Inteendeel EK verstaan dit ook nie. My harts-mense naaste aan my probeer my oortuig om te bedank as direkteur, en my fokus te plaas op CRADLE se oorspronlike visie en missie. Maar ek hou vol! Ons ontmoet Maandae oggende om 7h30 by Mugg and Bean by President Hyper en maak soms eers teen 10h00 klaar. Dis ‘n baie moeilike tyd en ek maak bitter baie opofferings, en soos wat die maande aangaan, raak die gewillige betrokkenes en bywoners minder en minder…..

Ek bevraagteken baie kere SELF my betrokkenheid en commitment aan die TOWER OF LIFE skuiling vir mans, in die Krugersdorp CBD, waar daar elke nag tussen 85 en 110 hawelose en hoop-lose mans ‘n skuiling vind. ‘n Warm gemaklike bed, ‘n warm stort en ‘n warm smaaklike bord kos (al is dit baie kere stywe pap en baked beans). Op ‘n dag tref dit my. Net DALK, DALK, ‘n BAIE GROOT DALK (maar tog ‘n “DALK”) as daar 11 jaar gelede ‘n TOWER OF LIFE skuiling in hierdie strand-dorpie was, was MY kind nie deur ‘n hawelose bende (waarskynlik onder die invloed van Chrystal Meth) wreedaardig aangeval en verkrag nie…..

By die TOWER OF LIFE mans-skuiling maak ons WAARAGTIG ‘n verskil. Elke dag!!! Mans wat ander HOOP-loos is vind elke dag ‘n hawe. Hulle kry die geleentheid om met iemand te kan PRAAT oor hulle seer, hulle hoef nie ‘n selfoon te steel, of by iemand se huis in te breek sodat hulle vandag ‘n pak slap-chips kan koop nie, sodat hulle vandag se “fix” kan betaal nie….. Ek weet daar is BAAAAAAIE ïf’s and but’s…… Duisende!!! En glo my NIKS is hier wit en swart nie….. Maar vanaand SMEEK ek jou wat hier lees, RAAK BETROKKE.

Ons ontvang GEEN befondsing of enige hulp vanaf die Staat nie. Ons benodig elke maand ‘n minimum van R60 000-00 om die skuiling se deure oop te hou. HOOR MY HART!!! Help MY om dit moontlik te maak. Elke R100 -00 help. Reël vir ons ‘n dames-tee, ‘n gholf-dag, ‘n spreuk-beurt by jou sel-groep, jou kerk, jou manne-ontbyt, jou sake-ete. Net dalk help JOU betrokkenheid om iemand anders se pyn te verhoed. Dis dalk volgende keer JOU dogter, of JOU suster, of JOU vrou…

Jare gelede een dag toe ek met Christene raas oor iets (sy was ‘n beeeeeesige, moooeeeeeeilike kind, draai sy een dag om en skree vir my: “Mamma ek gaan een dag IETS doen en dan gaan jy BAIE TROTS op my wees!!! Ek dink nie eers sy onthou dit vandag nie….. Maar dit was ingebrand in my geheue. En JA VANDAG is ek VERSKRIKLIK BAIE BAIE TROTS op haar!!!! En sy dra ‘n “tatoo” op haar enkel vir ALMAL om te sien. “Never a victim always a survivor.”

Andries Pretorius
No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.