[vc_row][vc_column][mkd_button size=”” type=”” hover_type=”” target=”_self” icon_pack=”” font_weight=”” text=”Donasie aan die ADV Rampfonds” link=”https://plesion.org.za/product/disaster-fund/” color=”#8224e3″][vc_empty_space][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]

Die vragmotor met voer is gelaai (foto hierbo). Ons het die skryfbehoeftes vir die skole op Williston ontvang (foto hieronder). Bybels is reeds op Williston gelewer vanaf die Bybelgenootskap, Kaapstad. Ons sal dit ook versprei volgende week.

Ons, dr Martin van Rensburg en myself, vertrek DV Sondag 25 Augustus 2019 na die oggenderediens vanaf die NHKA Delmas. Die wat ons wil kom groet is meer as welkom om die erediens by te woon op Delmas.

Groete
Andries Pretorius
Vise Voorsitter – ADV

[/vc_column_text][vc_empty_space][vc_gallery interval=”10″ images=”14167,14175″ img_size=”large”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]

Algemene Diakensvergadering (ADV)

DROOGTEHULP :  CALVINIA EN WILLISTON

Suid Afrika het die afgelope aantal jare deur verskeie droogtes gegaan. Met diepe dankbaaheid teenoor die Here, het goeie reën in verskillende gebiede uitkoms gebring vir baie mense en diere  Die droogte in die gebiede van Cailvinia en Williston duur egter nog voort. Behalwe dat boorgate en damme opdroog, droog baie mense se hoop op oorlewing ook op. Mense vind dit al hoe moeiliker om te te oorleef aangesien bestaande hulpbronne besig is om op te droog of reeds opgedroog het.

In Handelinge 4:32 lees ons die gelowiges van die eerste gemeente in Jerusalem mekaar bygestaan het toe die nood in Jerusalem groot was. Die gelowiges het alles met mekaar gedeel.  Hulle het nie net hulle besittings gedeel nie maar het mekaar ook met die Evangelie van Jesus Christus bemoedig. Met Woord en daad, met Woord en middele, met Woord en goed het hulle mekaar gehelp.

Die Kommissie van die ADV beplan om DV op 26 Augustus ‘n vragmotor met voer na die gebiede van Calvinia en Williston te stuur.  Indien u ‘n finansiële bydrae tot die projek wil maak kan u dit inbetaal In die volgende rekening
.
Bank info
Raad van Finansies
ABSA Tjekrekening
Rek nr: 020 000 287
Takkode: 632005
Verwysing: 16RAMP + Gemeentenaam/naam

Lede van die ADV kommissie gaan DV die gebied besoek van 26 tot 28 Aug. Ons neem ook skryfbehoeftes vir die skole saam. Indien daar gemeentes, Bybelstudiegroepe of jeuggroepe is wat boodskappe van hoop en bemoediging aan die boere of kinders wil stuur sal ons dit graag saam neem en aan die betrokkenes oorhandig.  ‘n Prentjie van omgee is net so kosbaar soos ‘n vrag voer.  U kan boodskappe epos na mvr@nhk.co.za Persone wie nie toegang het tot internet nie kan prente in Pretoria afgegee word by Rata se hoofkantoor in Montana. (NHKA Montana)

Kom ons wys vir die mense in die gebiede van Calvinia en Williston dat ons omgee.

Graag herhaal ons die uitnodiging. Indien daar ander gebiede in ons land is wat ook droogtehulp benodig dat u met die sekretaris van die Kommissie  van die ADV in verbinding tree.   Sy inligting,  Ds Gerhard Stoltz  082 872 5236  gerhard@diakens.co.za

Rig u navrae rakende hierdie projek aan of
Dr Martin van Rensburg 0836337335 epos mvr@nhk.co.za of
Diaken Andries Pretorius 0814668691 epos andries@rata.org.za

Lys van skool benodighede.

Skryfboeke, Jotter 72 bladsye
Bloupenne
Eksamen blokke
Rooi en swart vir opvoeders
Data projektor

Groete

Dr. Martin van Rensburg
Predikant
Hervormde Kerk Delmas
Tel (013) 665 2439
Sel. 0836337335[/vc_column_text][vc_empty_space][vc_single_image image=”14115″ img_size=”large”][vc_empty_space][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][mkd_section_subtitle color=”” text_align=”” text=”Christelle Webb-Joubert praat met pastorale sielkundige Fanie Kriel oor die uitwerking van droogte op die emosionele welstand van die boerderygemeenskap.
Klik die klein pyltjie hieronder” width=””][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_empty_space][vc_single_image image=”14120″ img_size=”large”][vc_empty_space][vc_column_text]Die droogte in die omgewing van Calvinia en Williston in die Noord-Kaap is kritiek. Die ADV het ʼn versoek om hulp ontvang, en besluit om deur die Rampfonds betrokke te wees. In die proses vat ons hande met ʼn inisiatief uit Delmas-omgewing waar ʼn vragmotor met 20 ton voer na hierdie gebied gestuur sal word.

Hiermee vra ons vir enige gemeente of gelowige wat ʼn bydrae wil lewer, om die inisiatief te ondersteun. Die bydraes kan soos volg inbetaal word:
Die bankbesonderhede
Raad van Finansies
ABSA Tjekrekening
Rek nr: 020 000 287
Takkode: 632005
Verwysing: 16RAMP + Gemeentenaam/naam

Daar is ook belastingvrystelling (Artikel 18A) vir besighede of individue wat ʼn bydrae maak, beskikbaar. Dit werk deur die ADV se nie-winsgewende maatskappy Plesion. Indien u hierin belangstel, moet u betaling nie in bogenoemde rekening inbetaal word nie, maar wel in dié van Plesion. Kontak my asb by gerhard@diakens.co.za vir die nodige inligting.

Saam in diens

 

Oorspronklike skrywe hier  Droogtehulp ADV Rampfonds[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_empty_space][vc_single_image image=”14119″ img_size=”large”][vc_empty_space][vc_column_text]

Williston Landbou unie
Posbus 6
Lutz straat 1
Williston
8920
willistondroogtehulp@gmail.com
Vir wie dit mag aangaan
Soos dit onder almal bekend is, is die droogte wat tans die laaste 5-6 jaar heers in die karoo die ergste in dekades.
Ons as Williston Boere unie voel dit is ons plig om ons gemeenskap wat 90% uit boere bestaan by te staan en te ondersteun in die tyd.
Deur hierdie brief vra ons vir enige bydraes in die vorm van voer, vervoer of finansies. Ons sal dit opreg waardeer!
Vriendelike groete

 

Williston Boere unie

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_empty_space][vc_single_image image=”14121″ img_size=”large”][vc_empty_space][vc_column_text]STATISTIEKE OOR DIE IMPAK VAN DIE AANHOUDENDE DROOGTE IN WILLISTON DISTRIK VIR DIE FINANSIëLE JAAR 2018-2019, SOOS BEKEND GEMAAK DEUR WILLISTON LANDBOU UNIE.

Feitelike Verslag

  1. Verkope van veevoere vir die finansiële boekjaar 2018-2019 by Williston Vleis Koopereasie =4700 ton voer. Departement van Landbou het droogtehulp vir drie maande vanaf April 2018 aan die boere gegee en daarna gestop. Geen verdere staatshulp is tot dusver weer ontvang nie. Baie van die boere is al ‘n geruime tyd nie meer finansiëel in staat om enige veevoere by die plaaslike kooperasie te koop nie. Hulle is baie afhanklik van skenker voere Die kooperasie se voer verkope die jaar is as volg Februarie 2019 = R2,5m, Maart 2019 = R2,5m en April 2019 = R3,9m. Skenker voere wat tot Oktober 2018 deur die Williston Boere Unie uitgedeel is 1200 ton. Die voere word gereeld uitgedeel in ‘n poging om die boere in produksie en op die plase te hou.
  1. Aantal skaap slagtings by die abattoir 2017-18 boekjaar = 50 000 (teenoor die normale jaarliks slagtings van 110 000 lammers per jaar)
  2. Williston boere voer huidiglik ongeveer 70 000 produksie ooie en benodig tans 3150 ton voer per maand teen ‘n koste van R12,6m. Daar was ongeveer 120 000 produksie ooie in die distrik drie jaar gelede.
  3. Die gemiddelde inkomste per lam (ex BTW) huidiglik is R900 teenoor R1200 per lam die vorige finansiële boekjaar. Die banke se krediet waardering is dienooreenkomstig aangepas en veroorsaak ‘n negatiewe impak op die boere se maandelikse kontantvloei.
  4. Die geraamde verlies aan inkomste in die distrik is ongeveer R4,5m per maand.
  5. Williston distrik bestaan uit 125 kommersiële boere en 67 opkommende boere.

ANDER STATISTIEKE.

Baie dankie vir die gedagte om aan ons te dink. Ons skoolgemeenskap kry baie swaar, ekonomies, die droogte van die distrik het ‘n impak op ons kinder se ouers ook… Lees meer hier Williston Hoërskool[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]