[vc_row][vc_column][vc_column_text]AFTREE  :  BETEKEN  “NIKS DOEN

(Of doen dit?)

 

Ons is nou professionele leeglêers, want ons het afgetree” is ’n uitdrukking wat ek deesdae nogal baie hoor, vandat ons ook die “aftree-era” bereik het.  Om ’n “leeglêer” te wees, (volgens my eie persoonlike opinie)  beteken op enige ouderdom, om niks te doen nie, nêrens heen te gaan nie en totaal en al onproduktief te wees in die samelewing.

 

Die algemene persepsie van aftrede – is inderdaad – om van nou af aan, niks te doen nie! Jy “hoef nie meer vroeg op te staan om te gaan werk nie;  jy hoef nie meer elke dag aan te meld vir diens nie en jy hoef ook nie meer verantwoordelik te wees vir ’n dagtaak wat verrig moet word nie!”

 

Die media, familie, grappies en stories wat die rondte doen, jong mense en ouer persone, versterk hierdie opinie en mening van ‘NIKSDOEN” wat oor die algemeen gehuldig word oor persone wat  afgetree het. En met hierdie persepsie dat  “Aftrede en Niksdoen” dieselfde betekenis het, tree mense sommer ook af van ’n wye verskeidenheid ander aktiwiteite.  Hulle “tree af” by gemeentes waar hulle altyd produktiewe medewerkers was.  Hulle “tree af” van welsynsorganisasies soos bv. Kindersorg of die SAVF of waar ook al hulle altyd behulpsaam was. Hulle “tree af’ van gesonde tydverdrywe soos oefen en stap of dans en trouens, dit lyk of baie sommer ook dan aftree van die lewe en hulle begin dadelik die “groot niksdoen” aanhang.

 

Niks kan verder van die waarheid wees as dat “Aftree en Niksdoen” outomaties ’n verband het nie.

 

Om af te tree uit ’n voltydse beroep behoort te beteken dat die ouerwordende persoon ’n “nuwe lewe” tegemoet moet stap.  ’n Lewe van heerlike nuwe vooruitsigte waar jy kan doen net waarvoor jy lus is.  Jy kan met groter toewyding behulpsaam by die kerk of enige ander organisasie wees want jy het nou die tyd daarvoor.  Jy kan die wêreld vol ry en nuwe dinge bekyk en beleef waarvoor jy nog nooit die tyd of geleentheid gehad het nie.  Jy kan vir jou kinders sê – “ons wil nie “dit of dat” doen nie – want ons is nie meer lus nie!”.

 

Ouerwordende persone kan nou met oorgawe kuier by vriende en nuwe dinge aanpak.  Hulle kan byvoorbeeld ’n “ete-klub” stig en een maal per maand iewers oulik gaan eet of beurte maak om by mekaar te eet. Hulle kan ’n prettige tema aan sulke geleenthede koppel.

 

Stig ’n groep wat gereeld museums en ander plekke van belang besoek. Stig ’n blomme- of tuinmaakklub. Gaan fliek. Kom bymekaar vir ’n boekklub of naaldwerk en hekel- en breiwerk.

 

Groepe kan bv. ’n bus huur en almal saam na die jaarlikse funksie vir bejaardes, wat by die Voortrekkermonument plaasvind, bywoon.

 

Die moontlikhede is legio.  Daar is sekerlik ongelooflik baie afgetrede en ouerwordende persone wat nog tientalle oulike voorstelle het om die lewe  met oorgawe te geniet!

 

Maar my pleidooi rig ek aan die duisende persone wat terugtrek en in hulle huisie of woonstelletjie gaan sit en vergaan van eensaamheid.

 

“Aftree” beteken onder geen omstandighede “niksdoen” nie.

 

“Aftree” beteken  verseker “nuwe-en-ander-goed-doen” uit dankbaarheid en uit suiwer genade dat daar nog ’n lewe is wat wag op die ouerwordende afgetredene.

 

AKTIEWE  VEROUDERING

 

As ons vandag moet gaan sit en deur foto-albums of filmmateriaal blaai van ons oupas en oumas – sal dit ons in verstommenis laat om te sien hoe “oud”, “gedaan” en “onbeweeglik” hulle op 60 en 70 voorgekom het.  Selfs 50-jariges het reeds ‘n “OU”-voorkoms” gehad!!  Daar word nie verniet gesê,  80 is die nuwe 70 nie.  Vandag kry ons ouerwordende persone wat op 80 en selfs ouer, nog springlewendig en gesond is en lyk en nog heel aktief aan die skarrel is.  Die Britse Koningin ry op 90 nog perd!!

 

Bygesê – hierdie tendens gebeur nie net sommer vanself nie.  Baie mense volg ‘n gesonder en meer aktiewe leefstyl wat hulle in staat stel om ‘n langer en beter kwaliteit van lewe te hê!

 

Die konsep van aktiewe veroudering begin al hoe meer gewild raak onder ouer persone in Suid-Afrika. Hierdie beweging behels dat mense aangemoedig word om aktief te wees na aftrede.  Baie ouer persone kies om nog langer  te werk, om te studeer en om nog ‘n inkomste te verdien. Sommiges kies om te sosialiseer, te reis, te  belê in die omgewing en om nuwe uitdagings te aanvaar. Dit is in skerp kontras met die uitgediende idee dat aftrede ‘n tyd is om te gaan stilsit en niks doen nie.

 

Natuurlik bly goeie gesondheid ‘n ongelooflike genade waarby ons nie kan verby kom nie.  Natuurlik verander ‘n persoon wat permanent bedlêend of onbeweeglik raak, se opsies aansienlik.  Maar selfs persone wat beperkinge het tov gesondheid, gehoor, gesig en beweeglikheid, behoort daar opsies te wees waarna daar gestreef kan word.

 

 

Kom ons begin ‘n WENKE-BLAD waar persone inskrywings kan maak om nuwe idees bekend te stel vir persone wat dalk sou belangstel om hierdie nuwe leefstyl na te volg.

 

Hierdie wenke behoort vir letterlik almal wat nog beweeglik en gesond is, gebruik te kan word.

 

Ons maak staat op u briljante en kreatiewe idees om deure oop te maak en om mense bekend te stel aan ‘n “nuwe wêreld na aftrede”

 

 

 

WENKE   –   AKTIEWE VEROUDERING

 

GESONDHEID

·       Eet gesond

·       Laat gereeld toetse deur ‘n medikus doen, en gebruik chroniese medikasie waar nodig

·       Stimuleer  die brein gereeld met aktiwiteite wat breinfunksies helder en aktief hou – bv lees, speletjies wat denke verg soos Scrabble, blokkiesraaisels, Sudoku, en so meer

·       Stig ‘n boek- of leesklub – bespreek die boeke

LEEFSTYL

·       Oefen gereeld deur te draf, stap of waar dit ook al vir u gemaklik en lekker is

·       Beoefen ‘n sport

·       Lees die koerante en luister nuus dat u op hoogte bly van wat in die wêreld aangaan

·       Voer intelligente en positiewe gesprekke met vriende en familie

BEROEPE

·       Probeer om so lank as moontlik in u beroep te bly

·       Ondersoek ander moontlikhede om inkomste te genereer na aftrede

·       Moenie na aftrede ‘n “niksdoen” mentaliteit ontwikkel nie

AKTIWITEITE  –  TUIS EN IN DIE OMGEWING

·       Bly aktief in die Kerk en gemeente

·       Bly aktief en neem deel aan ander organisasies en projekte – soos voor aftrede

·       Sluit by groepe aan wat aktief leef en saam dinge doen bv

¨    Eetklubs – groepe wat saam kosmaak en kuier – tuis en op ander plekke

¨    Hou saam piekniek

¨    Dans en hou partytjies

¨    Reël speletjiesaande

¨    Gaan fliek saam

·       Woon konserte en opvoerings by

ANDER AKTIWITEITE EN OPSIES

·       Reis en besoek plekke waar u nog nooit was nie

·       Ontwikkel of beoefen ‘n ou of nuwe stokperdjie

·       Ontwikkel belangstellings wat uitdagings bied

 

 AKTIEWE VEROUDERING

Wenke vir Ouerwordende persone wat beperkinge het tov beweeglikheid, sig, gehoor of gesondheid

·       Bly binne eie perke en omstandighede aktief

·       Maak gebruik van alle moontlike opsies om  binne eie vermoëns aktief deel te neem aan gesprekke of geleenthede waartoe u nog in staat is

·        

 

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]