’n Wonderwerk-Getuienis

Ds. Theuns Botha vertel:

Die Coronavirus saai ook verwoesting in Zimbabwe.  Met die grendeltyd wat môre begin, is die grense reeds om middernag,  Donderdag gesluit, in opdrag van die Zim-regering.

Net soos hier was die geskarrel om medikasie en ontsmettingsmiddels in die hande te kry, aan die orde van die dag.  Apteke en winkels is oorstroom met mense wat noodvoorrade moes aankoop. Noodroepe om hulp was maar presies soos hier in Suid-Afrika.

Ds. Theuns Botha vertel dat hulle die hele week geskarrel het om hulp in die hande te kry.  Daar is donasies ter waarde van R12 000, asook donasies van medikasie vanuit hulle gemeente ontvang,  waarvan die meeste reeds Woensdagaand afgelewer kon word by ’n persoon wat Donderdagoggend na Zimbabwe sou vertrek.  Daar was ook USD200 by die besending.  

En hier begin die wonderwerk toe regtig gebeur:

Die grenspos by Beitbrug was oorstroom van mense aangesien dit om middernag sou sluit. Dit het net ’n saak van onmoontlikheid gelyk om met die voorraad – vóór die sluiting van die grenspos – te kon deurkom!

En gistermiddag om 13:00 ontvang Ds. Theuns die boodskap van die “Geloofswonderwerk”.  Die dose met voorraad het alles heelhuids by Qalisa aangekom.  En dit is vanoggend by hulle laaste erediens, voor inperking, uitgedeel. (Toevallig by die diens wat deur  Ds. Theuns gehou sou word as alles nie tot stilstand gekom het nie.)

Hoe wonderlik kan dit wees!

Ds. Theuns dra sy eie groot dank, sowel as al die lidmate van Bulaway se dank oor aan al die donateurs asook vir Stephen.

Maar die grootste eer kom die Heer van Hemel en aarde toe, wat hierdie wonderwerk laat gebeur het.

Daar is steeds behoefte aan hulp en alle ondersteuning word opreg waardeer.

Seënwense

Ds. Theuns Botha

082 928 3688

Hiermee die bankbesonderhede vir persone wat ‘n bydra wil maak  aan die werk in Zimbabwe.

TL BOTHA MED hulp
ABSA
9336051465
SPAARREK
Takkode 632005

Epos betalings bewys aan: camelhors@gmail.com

https://youtu.be/PM4-9Urd6f4