AB Fonds

Daar is ñ jong dame wat verstandelik gestrem is wat op straat was nadat een van die staat se instansies toegemaak het.

Die personeel by Rata Pretoria kantoor het plek gekry vir haar in die Paul Jungnickel tehuis maar sy het niemand wat kan help met die maandelikse uitgawes nie. Op hierdie stadium is die rekening agterstallig met ongeveer R 7000 so hulle dreig om haar uit te sit.

Na haar SASSA ongeskiktheid pensioen afgetrek is kort daar nog R 2200 per maand wat aan die tehuis betaalbaar is.

Indien daar enige persoon of ñ besigheid is wat bereid is om ñ donasie te maak sal dit opreg waardeer word. Eenmalig of maandelikse donasies sal baie help om haar verblyf te betaal. (Skakel na debietorder)

Die fonds wat gestig is vir haar verblyf rekening by Paul Junickel tehuis word deur Plesion NPC hanteer. Hulle kan ook ñ kwitansie uitreik vir belasting doeleindes (18A).

Maak jou donasie hieronder.

Baie dankie vir u omgee en hulp.

Category: