Skooltassie – Donasie

Kan jy jou eerste skooldag onthou?  Het jy ’n nuwe tas gehad met skerpgemaakte potlode, kleurkryt en ’n volgepakte kosblik met dalk tuisgebakte brood en ’n bederfie vir pouse?

Enige ouer wat onlangs een van die bykans 680 000 graad eentjies in die huis gehad het, sal jou vinnig kan vertel van die ellelange lys skoolbenodighede wat die eerste dag moet saamgaan skool toe; inkleurboek, potlode, ’n skêr, kryte, gom, springtou, pakkie sneesdoekies om maar ’n paar te noem.  Boonop kan daar nie sommer enige gom of potlood gekoop word nie.  Die soort word by die naam genoem

Die NHKA Diakonaat werkgroep Kindersorg en RATA Maatskaplike dienste voorsien die afgelope paar jaar met die hulp van individue en instansies se hulp, skooltassies aan minderbevoorregte kinders.  

Maak ‘n donasie hier…

Category:

Description

[vc_row][vc_column][vc_column_text]Die NHKA Diakonaat werkgroep Kindersorg en RATA maatskaplike dienste is geweldig dankbaar vir elke individu en instansie se hulp en bydraes tot die jaarlikse skooltassie-projek. Die jaar 2019 is reeds besig om uit te loop en menige graad eentjies wat in 2020 ‘groot skool’ toe moet gaan, weet reeds watter skool hulle gaan akkomodeer. Daarom vra ons soos in die verlede u aandag vir hierdie projek.[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][mkd_social_share type=”list”][/vc_column][/vc_row]