Skooltassieprojek

Suggested donation: R100.00

Teen ‘n koste van R330 per tassie met inhoud kon ons met die fondse ge-in vir 2018 100 tassies aan kinders in nood voorsien. Ons het egter ‘n behoefte vir ‘n verdere 72 tassies gehad wat ons nie kon voorsien nie. Help ons om in 2019 almal te help. Maak ‘n donasie hier…

Minimum Donation: R100.00

Category:

Description

Die NHKA Diakonaat werkgroep Kindersorg en RATA maatskaplike dienste is geweldig dankbaar vir elke individu en instansie se hulp en bydraes tot die jaarlikse skooltassie-projek. Die jaar 2018 is reeds besig om uit te loop en menige graad eentjies wat in 2019 ‘groot skool’ toe moet gaan, weet reeds watter skool hulle gaan akkomodeer. Daarom vra ons soos in die verlede u aandag vir hierdie projek.