NHKA Noordwestelike Pretoria bied aan:
Kaalvoet Karnaval en Kersmark
Saterdag 1 November 2025 -
Walk for a Child
DONASIE / BORG PER KM
U Bydrae om by R60 000 uit te kom, kan inbetaal word by:
Plesion NPC
Bank: Nedbank
Rekeningnommer: 1127321897
Verwysing: WfaC2+ Naam
Ons beplan om op 24 September ‘n unieke geleentheid te laat plaasvind. Ons wil loop sonder om weg te loop. Ons stap sonder om weg te stap van ‘n probleem. Ons wil stap ten bate van kinders, maar ons wil ook saam met kinders stap.
Baie mense los kinders alleen agter en stap weg, maar ons wil anders wees, ons wil stap ten bate van kinders maar ook saam met kinders.
Op 24 September wil ons in 6 ure, van 08h00 tot 14h00, 60 kilometer stap en R 60 000 insamel vir kinders in nood. Ons is opsoek na 6 spanne van 6 stappers wat bereid is om in aflosse vir 6 ure op ‘n treadmill te stap by die Magaliesfees van Oos Moot gemeente. Amper soos sixty-sixty wil ons flink stap en ‘n spoedige verskil maak.
6 vriende of 6 kollegas of 6 bure is welkom om ‘n span te vorm en die sestig-sestig uitdaging aan te pak. As jy nie ‘n span het nie, is jy welkom om alleen te kom stap. Ons sal jou by die Magaliesfees in ‘n span indeel. Ons sal egter
dankbaar wees as jy ons kan help met ‘n donasie sodat ons die doelwit van R 60 000 kan bereik.
Om standhoudend barmhartig te wees Jesus roep gelowiges op om “barmhartig te wees soos julle Vader barmhartig is.” Dit raak egter al hoe moeliker om standhoudend barmhartig te wees op terreine waar dit regtig nodig is. Op gemeentevlak werk gemeentes hard om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak. En waar die kerk deur RATA, die Pleegsorghuise, TOIBO en Ons Tuis spesialisdienste aanbied vir bejaardes en kinders, word die uitdagings al hoe groter.
Langtermynstrategie – Khesed
Die Algemene Diakensvergadering het PLESION as Nie-Winsgewende Organisasie in die lewe geroep om meer standhoudend ondersteuning aan bogenoemde instansies te gee. Plesion het die opdrag begin deur ’n Eiendomsmaatskappy, Khesed, te stig wat die geleenthede wat die verhuring van eiendomme bied, wil ontgin. Dit is deel van ons Langtermynstrategie
Korttermynstrategie – LIGHT FOR A CHILD
Onder die LIGHT FOR A CHILD – sambreel wil Plesion geleenthede wat Sport bied benut om fondse te in om op die korttermyn hulp te verleen. Gholf is ‘n handige manier om fondse te genereer en twee uiters suksesvolle Drive for a
Child-Gholfdae word jaarliks ten bate van Rata aangebied – een in Pretoria en een in Witbank. Die kanse wat Fietsry bring, word weer deur die Ride for a child- inisiatief ontgin. Hierdie projek is in sy tweede jaar. Alfonso Theron en
Annetjie van Wyk het in die verlede die 1000 km plus van die uitmergelende Munga Fietswedren aangedurf om fondse vir RATA te genereer..
Die Plesion 24/24/24 Run for a child is in 2024 onder die LIGHT FOR A CHILD-sambreel aangebied en dit gaan weer in 2025 plaasvind. Die
Plesion Walk-for-a-child gaan in 2025 vir die eerste keer aangebied
word.
Saam in diens
Dr Martin van Rensburg
083 633 7335