Die doel met die projek is om, gehoorsaam aan ons Christelike roeping tot barmhartigheid, oor die wydte van die NHKA, die winterkoue vir dié wat blootgestel is te verlig deur ‘n verskeidenheid items wat mense help om warm te word, te skenk aan dié in nood.
Die naam van die projek is die Word Warm-projek. Dit word ontleen aan Jakobus 2:16 waar gesê word: “Gaan in vrede, word warm en word versadig” (Bybel 2020-vertaling, my beklemtoning).
Jakobus 2:16 bied drie belangrike klemtone:
In die naam kan die Word Warm uitgebrei word vir spesifieke toepassings. Hieronder tel byvoorbeeld:
Telkens is die Word Warm die oorhoofse tema.
3.1 Deelname deur al die gemeentes in die NHKA
Hierdie is ‘n baie groot doelwit, maar die beginsel is dat alle gelowiges en alle gemeentes deur Christus geroep is om barmhartig te wees. Jesus sê immers: “’n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.” (Matt 5:14)
Ringe se diakonale komitees word versoek om in die ring leiding te gee en samewerking tussen gemeentes en gemeenskappe (sien 3.4) te koördineer. Die mentors soos aangewys deur die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering kan met vrug hier gebruik word.
3.2 50 000 Word Warm-items
Nog ’n baie groot doelwit. Maar eintlik ook nie. Die NHKA bestaan uit veel meer kinders, vrouens en mans as 50 000. In lyn met elke gelowige wat deur Christus geroep is om barmhartig te wees, kan ons hierdie doelwit maklik oorskry as elke gelowige een item skenk. Hierdie doelwit is soveel te meer haalbaar as ons hande vat met ons gemeenskappe.
3.3 Persoonlike kontak
’n Groot verskil tussen Christelike barmhartigheid en sekulêre liefdadigheid is persoonlike kontak[1]. Ons wil dus nie bloot items bymekaarmaak en dit êrens gaan aflaai vir iemand anders om te versprei nie, maar ons wil dit persoonlik gee aan mense wat dit nodig het. Saam met die Word Warm-items, gee ons die liefde en hoop in Jesus Christus.
Dit is ek, begenadigde, wat deur Christus aangeneem is, wat sy liefde wat ek ontvang het, gaan deel met ander begenadigdes wat ook deur Christus aangeneem is.
3.4 Hande vat met ons diensorgane, ander kerke, skole en organisasies in ons gemeenskappe
Wanneer ons op Sondae met die Apostoliese Geloofsbelydenis bely dat ons glo in een, heilige, algemene kerk, noop dit ons om ook hande te vat met ander gelowiges. Die doelwit is nie om die NHKA te bemark nie, maar om gehoorsaam te wees aan Christus.
“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.” (Matt 5:16)
3.5 Beplan om hierdie projek ’n jaarlikse instelling te maak
Die honger en koue is iets wat jaarliks gebeur, terwyl voorbereiding daarop eintlik ’n aaneenlopende proses moet wees. Daar moet geleer word uit die projek om dit op ’n jaarlikse basis te laat plaasvind. Uiteindelik is ons mikpunt nie ’n eenmalige projek nie, maar om elke dag te wees wat ons reeds is – geroepe dienaars van Jesus Christus!
Gemeentelike terugvoer
Voltooi asb die onderstaande tabel en stuur terug
Enige items wat kan help om die winterkoue vir iemand te verdryf:
‘n Belangrike beginsel is dat ons mense se menswaardigheid wil erken, en nie net ons oorskiet en weggooi-klere gaan aflaai nie. ’n Goeie maatstaf is of jy dit self sou dra of eet. Ons gee dit immers in die eerste plek as ’n genadegawe aan God – die Ou Testamentiese beginsel van die eerstelinge uit jou kudde, die beste wat jy het.
Die beginsel word gehandhaaf dat die projek onafhanklik deur elke gemeente bestuur word. Die Kommissie van die ADV help met koördinering en gee leiding soos nodig. Die volgende raamwerk kan as riglyn dien:
Sekretaris: Kommissie van die Algemene Diakensvergadering
082 872 5236
[1] Covid-19 regulasies mag ons dwing om baie kreatief te wees in hierdie opsig.