Maatskaplikedienste vraelys aan NHKA Gemeentes

Broeders en Susters

Die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering (ADV) is voordurend besig om die verhouding en werksverband met die onderskeie diensorgane te evalueer. Die doel van die vraelys is om te bepaal hoe lyk die algemene opinie met betrekking tot maatskaplikedienste in Suid Afrika en die NHKA.

Ons versoek alle lidmate, ampsdraers en predikante om asseblief die vraelys so eerlik moontlik te voltooi. Hierdie vraelys bied geleentheid aan lidmate van die NHKA om hulle stem te laat hoor, gebruik dit nou! 

Geen van die velde is verpligtend nie. Jy kan die vraelys anoniem voltooi en hoef dus nie jou besonderhede bekend te maak nie. Voltooi die vraelys aanlyn hieronder, op jou foon of rekenaar.

Byvoorbaat baie dankie vir jou tyd en deelname, ons waardeer.

Andries Pretorius

0814668691

ADV Kommissie

Visevoorsitter