In aanloop na die 9de ADV en Ubi Caritas simposium in April 2022 wil ons graag die verskillende gesigte van Armoede in fotobeelde vasvang. Insgelyks wil ons ook die verskillende beelde van genade illustreer deur middel van foto’s.
Almal dra vandag ‘n kamera in die hand. Met jou selfoon kan elkeen van ons die momente van armoede of genade vasvang.
Hiermee nooi ons elkeen om deel te neem aan hierdie kompetisie om hierdie momente vas te vang. Enige persoon kan inskryf vir die kompetisie.
Inskrywings fooi beloop R100-00 per 3 foto’s
Jy skryf 3 foto’s in
Foto’s
Maksimum lêergrootte per foto mag nie 2 Mb oorskry nie.
Slegs jpeg-lêers word aanvaar.
EXIF-data moet in u JPEG-lêer ingebed wees.
Geen watermerke of logo’s moet op die foto’s vertoon word nie.
Geen manipulasie van foto’s word toegelaat nie.
Foto’s moet tussen 1 September 2021 en 31 Maart 2022 geneem word en slegs in Suid-Afrika en buurlande.
‘n Kort beskrywing van die foto, nie meer as 100 woorde nie.
Indien persone op die foto’s verskyn, hulle skriftelike toestemming dat die foto gepubliseer mag word en gebruik mag word op sosiale media.
Finaliste se foto’s sal voorgestel word voor elke webinar tydens die Ubi Caritas simposium gedurende April 2022. Wenners sal tydens die openingsgeleentheid van die ADV op Vrydag 22 April 2022 aangekondig word.
Pryse:
1ste prys: R2500 kontant
2de prys: R1500 kontant
3de prys: R1000 kontant
Betalings opsies
Gebruik asb die volgende bankbesonderhede vir die inbetaling van jou inskrywingsfooi:
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Naam: Raad van Finansies
Rek no: 020 000 287
Takkode: 632 005
Verwysing: Trap + Naam & van
Gebruik die Payfast skakel vir moeitevrye betaling van jou inskrywingsfooi.
Terme en Voorwaardes
Verdere inligting, is beskikbaar per e-pos aan diens@diakens.co.za