Word Warm Foto kompetisie

Armoede het verskillende gesigte. Genade het verskillende vorme.

In aanloop na die 9de ADV en Ubi Caritas simposium in April 2022 wil ons graag die verskillende gesigte van Armoede in fotobeelde vasvang. Insgelyks wil ons ook die verskillende beelde van genade illustreer deur middel van foto’s.

Almal dra vandag ‘n kamera in die hand. Met jou selfoon kan elkeen van ons die momente van armoede of genade vasvang.

Hiermee nooi ons elkeen om deel te neem aan hierdie kompetisie om hierdie momente vas te vang. Enige persoon kan inskryf vir die kompetisie.

Inskrywings fooi beloop R100-00 per 3 foto’s

Jy skryf 3 foto’s in

  1. Foto van kerkgebou
  2. Foto wat ‘n hopelose situasie uitbeeld (honger, droogte, brand)
  3. Foto van genade in aksie (verkieslik aksie van jou gemeente/groep)

Foto’s

Maksimum lêergrootte per foto mag nie 2 Mb oorskry nie.

Slegs jpeg-lêers word aanvaar.

EXIF-data moet in u JPEG-lêer ingebed wees.

Geen watermerke of logo’s moet op die foto’s vertoon word nie.

Geen manipulasie van foto’s word toegelaat nie.

Foto’s moet tussen 1 September 2021 en 31 Maart 2022 geneem word en slegs in Suid-Afrika en buurlande.

‘n Kort beskrywing van die foto, nie meer as 100 woorde nie.

Indien persone op die foto’s verskyn, hulle skriftelike toestemming dat die foto gepubliseer mag word en gebruik mag word op sosiale media.

Finaliste se foto’s sal voorgestel word voor elke webinar tydens die Ubi Caritas simposium gedurende April 2022. Wenners sal tydens die openingsgeleentheid van die ADV op Vrydag 22 April 2022 aangekondig word.

Pryse:

1ste prys: R2500 kontant

2de prys: R1500 kontant

3de prys: R1000 kontant

Betalings opsies

Gebruik asb die volgende bankbesonderhede vir die inbetaling van jou inskrywingsfooi:

Bankbesonderhede:

Bank: ABSA

Naam: Raad van Finansies

Rek no: 020 000 287

Takkode: 632 005

Verwysing: Trap + Naam & van

 

Gebruik die Payfast skakel vir moeitevrye betaling van jou inskrywingsfooi.

Pay

Terme en Voorwaardes

  • Die Ubi Caritas 2022-kompetisie (die “kompetisie”) is oop vir almal.
  • Die finaliste en wenners sal deur die beoordelaars gekies word. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die beslissing gevoer word nie.
  • Die kompetisie duur van 1 September 2021 tot middernag op 31 Maart 2022.
  • Inskrywings moet gedoen word deur tot drie foto’s in te stuur na Word Warm Foto Kompetisie  Geen inskrywings op ander platforms of via enige ander kommunikasiekanale word aanvaar nie.
  • Deur u werk vir die kompetisie in te dien, erken u en laat u die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) se Kommissie van die Algemene Diakensvergadering (ADV) toe om u oorspronklike werk vir promosiedoeleindes onbeperk na die kompetisie te gebruik.

Verdere inligting, is beskikbaar per e-pos aan diens@diakens.co.za