Ligtoring Pta-Wes

R100.00

Pretoria-Wes se lidmate is hoofsaaklik ouer mense van wie die meerderheid staat maak op `n SASSA-toelaag.  Verder toon studies dat 58% van die bevolking van Pretoria-Wes omgewing, werkloos is.  Ons gemeente wat vir lank na binne gerig was, weet die tyd het nou aangebreek om haar missionale roeping wyer te kring en uit te reik na `n gemeenskap in nood.  Daar word beoog om die gemeenskap Suid van Vom Hagen straat tot by Roger Dyson en Kerkplein te bedien.

Tans ontvang tien gesinne (agt-en-twintig mense) – wat maar `n druppel in die emmer is – maandeliks `n kospakkie en twee weekliks vars groente. Hulle word ook pastoraal versorg.   Namate hierdie projek groei, wil ons addisioneel tot die maandelikse kospakkie,`n weeklikse kos/sopkombuis instel waar mense nie net iets te ete ontvang nie, maar waar  geleentheid geskep word om ook geestelike kos te ontvang.

Ligtoring wil egter nie net mense voed nie, maar ook iets van hul menswaardigheid en selfstandigheid terug gee.  Hierdie projek wil venootskappe met die gemeenskap, vrywilligers en ander organisasies sluit sodat hierdie projek nie net korttermyn verligting bring nie, maar volhoubaar sal wees. Ligtoring wil `n plek word waar mense selfs later toegerus kan word om selfonderhoudend te wees met dit wat tot hulle beskikking is.

Ligtoring wil `n gevestigde baken van hoop word.  `n Plek  waar mense wat soms vasgevang word in die seer- en swaarkry van die lewe, weer moed en hoop kan skep.

Maak jou donasie nou hier.

Categories: ,

Description

Pretoria-Wes gemeente het nog altyd `n droom gehad om `n baken van hoop in die gemeenskap te wees.  Tydens die Covid-19 pandemie, het ons besef dat hierdie droom nou `n werklikheid moet word en daarom is `n projek – Ligtoring – op die been gebring.

Pretoria-Wes se lidmate is hoofsaaklik ouer mense van wie die meerderheid staat maak op `n SASSA-toelaag.  Verder toon studies dat 58% van die bevolking van Pretoria-Wes omgewing, werkloos is.  Ons gemeente wat vir lank na binne gerig was, weet die tyd het nou aangebreek om haar missionale roeping wyer te kring en uit te reik na `n gemeenskap in nood.  Daar word beoog om die gemeenskap Suid van Vom Hagen straat tot by Roger Dyson en Kerkplein te bedien.

Tans ontvang tien gesinne (agt-en-twintig mense) – wat maar `n druppel in die emmer is – maandeliks `n kospakkie en twee weekliks vars groente. Hulle word ook pastoraal versorg.   Namate hierdie projek groei, wil ons addisioneel tot die maandelikse kospakkie,`n weeklikse kos/sopkombuis instel waar mense nie net iets te ete ontvang nie, maar waar  geleentheid geskep word om ook geestelike kos te ontvang. 

Ligtoring wil egter nie net mense voed nie, maar ook iets van hul menswaardigheid en selfstandigheid terug gee.  Hierdie projek wil venootskappe met die gemeenskap, vrywilligers en ander organisasies sluit sodat hierdie projek nie net korttermyn verligting bring nie, maar volhoubaar sal wees. Ligtoring wil `n plek word waar mense selfs later toegerus kan word om selfonderhoudend te wees met dit wat tot hulle beskikking is.

Ligtoring wil `n gevestigde baken van hoop word.  `n Plek  waar mense wat soms vasgevang word in die seer- en swaarkry van die lewe, weer moed en hoop kan skep. 

Ligtoring word amptelik op 18 Julie 2020 van stapel gestuur.  In samewerking met die ADV, sal op daardie oggend by die kerk, `n kort oorsig gegee word oor die projek, waarna ons `n warm koppie sop en `n broodjie aan die verbygangers sal uitdeel. 

Vir enige navrae of donasie is u welkom om ds Marissa Kidson te kontak.

Ons Bankbesonderhede:

Bank:  ABSA

Rekeningnaam:  Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Pretoria-Wes (NHK Pretoria-Wes)

Rekeningnommer:  405 80 131

Tipe Rekening:  Tjek rekening

Verwysing: Ligtoring Pta-Wes.

Om hierdie projek af te skop, benodig ons bestandele vir die sop, broodjies wat saam met die sop bedien word en margarien.

Groete.

Marissa Kidson

Predikant : NHKA Pretoria-Wes

Selfoon: 084 324 1568

Epos: marissakidson@mweb.co.za